Bynaam | (en) Union Jack (en) Union Flag (en) Royal Union Flag (af) (Koninklike) Unievlag |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag |
Verhouding | 1:2 (op see) |
Goedgekeur | 1 Mei 1707 (oorspronklike weergawe) 1 Januarie 1801 (huidige weergawe) |
Ontwerp | ’n Wit simmetriese rooi kruis met ’n wit fraiing op ’n blou veld met ’n wit fraiing in die ander skuinskruis van rooi en wit. |
Gebruik | Nasionale vlag |
Verhouding | 3:5 (op land)[1][2][3] |
Ontwerp | Variantvlag van die Verenigde Koninkryk. |
Gebruik | Burgerlike vaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi veld met die Unievlag in die skildhoek. |
Gebruik | Staatsvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Blou veld met die Unievlag in die skildhoek. |
Bynaam | Vlootvaandel van die VK |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Sint Joriskruis met die Unievlag in die skildhoek. |
Die nasionale vlag van die Verenigde Koninkryk, ook die Union Jack of Union Flag genoem,[4][5][6] is op 1 Januarie 1801 amptelik in gebruik geneem.[7] Die verhouding van die vlag is 3:5 (op land) of 1:2 (op see)[1][2][3] en die kleure is rooi (Pantone 186C), blou (Pantone 280C), en wit. Die vlag het ook amptelike of halfamptelike status in ander Statebondsgebiede; dit is byvoorbeeld in Kanada deur wetgewing as die Royal Union Flag afgekondig en simboliseer Kanada se affiliasie met die Britse monargie en die Britse Statebond.[8][9][10] Dit word ook as die amptelike vlag in sommige van die kleiner Britse oorsese gebiede gebruik. Die Union Flag verskyn ook op die wapperkant (boonste linkerkantse kwart) van die vlae van verskeie lande en gebiede wat voormalige Britse besittings of kolonies was.
Die oorsprong van die vorige vlag van Groot-Brittanje dateer terug na 1606.[11] James VI van Skotland het in 1603 die Engelse en Ierse trone geërf as James I, en sodoende die krone van Engeland, Skotland en Ierland in ’n persoonlike unie verenig, hoewel die drie ryke afsonderlike state gebly het. Op 12 April 1606 is ’n nuwe vlag van die koninklike unie tussen Engeland en Skotland in ’n koninklike dekreet gespesifiseer, waarvolgens die vlag van Engeland (’n rooi kruis op ’n wit agtergrond, bekend as die Sint Georgskruis), en die vlag van Skotland (’n wit skuinskruis op ’n blou agtergrond, bekend as die Saltire of Sint Andreaskruis), saamgevoeg is, die vorming van die vlag van Engeland en Skotland vir maritieme doeleindes. Koning James het ook sedertdien verwys na ’n "Koninkryk van Groot Britaine", hoewel die Unie ’n persoonlike een gebly het.
Die ontwerp van die Union Flag dateer uit ’n koninklike proklamasie ná die unifikasie van Groot-Brittanje en Ierland in 1801 (sien Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland).[12] Die vlag kombineer aspekte van drie ouer nasionale vlae: die rooi kruis van Sint Georg van die Koninkryk van Engeland, die wit skuinskruis van Sint Andreas vir Skotland (hierdie twee was verenig in die eerste Union Flag), en die rooi skuinskruis van Sint Patrick om Ierland te verteenwoordig. Wallis, ten spyte daarvan dat dit ook deel van die Unie is, is nog nooit op die Britse vlag verteenwoordig nie.[13]
For the avoidance of doubt and the sake of convenience, Garter King of Arms, under the authority of the Earl Marshal, has approved two versions of the Union flag as being accurate representations suitable for use. These are of the proportions 5:3, commonly flown on land; and 2:1, commonly flown at sea.
The normal proportions for the national flags of the United Kingdom are 3:5 on land, but ensigns are customarily made in proportion 1:2.
The flag is 3:5 on land and 1:2 at sea
{{cite book}}
: |website=
ignored (hulp)